Check Inn
- Jan 27
- 1 min read
Knus Vakansiewoonstel Naby die Strandmeer – RAMSGATE
Weggekruip in ’n rustige deel van Ramsgate, net ’n kort rit vanaf die pragtige Ramsgate/Southbroom-strandmeer, bied hierdie bekoorlike vakansiewoonstel ’n ontspanne en privaat wegbreek vir paartjies, klein gesinne of solo-reisigers.
Die plek word deur die eienaar self bestuur, wat beteken daar is persoonlike aandag aan elke behoefte en vraag wat jy mag hê.
Daar is ook nuttige inligting beskikbaar oor wat om te doen en wat jy beslis nie moet misloop nie.
Die woonstel is geleë onder ’n privaat huis (nie in ’n besige of lawaaierige kompleks nie), het sy eie privaat ingang en bied gemaklike akkommodasie vir tot drie gaste.
Kontak vir Maretha op: 082 824 0390
of maak n Bespreuking: Check Inn - SafariNow


